
"Life as we know it has changed"
Ek is glad nie n mediese dokter nie. Alhoewel ek baie opgelees en nagevors het (soos ons almal) oor hierdie Covid-19 virus, is hierdie bladsy nie n plek wat al die nuutste nuus en data gaan deurgee nie. Ek dink daar is genoeg van dit.
Die doel van die bladsy is om n plek te wees om mense so klein bietjie te help om deur die "lockdown" te kom.
Wat na die 35 dae kom weet ons nie, maar tot dan moet ons leer om te leef in die grense van ons huise.
Gelukkig maak tegnologie en die internet dit makliker.