My groot Hoekom?

Properties in Graanendal

Hoekom eiendom?

Baie van my vriende, familie en kliente ken my van die fotografie industrie af. Dit is iets wat ek al 15 jaar professioneel doen. So natuurlik was dit seker die eerste vraag wat opkom by almal.

So in plaas daarvan dat ek die vraag 100 keer oor n email probeer antwoord het ek sommer n video gemaak wat die en klomp ander vrae antwoord.

Almal se tyd is waardevol so sien die timestamps op die onderste video vir die antwoorde as jy geintereseerd is!

Die Kort antwoord...

Ek het vyf jaar terug geweet dat ek net vir vyf jaar voltyds fotografie gaan doen – voor dit het ek voltyds gewerk vir vyftien jaar, en ek het fotografie maar op naweke gedoen. Ek het altyd geweet dit gaan net ’n tydelike storie wees, en sodra die kleinste enetjie uit die doeke uit is, dan sou daai skuif gebeur het. En ons is ook nou daar.

Ek en Iza het seker so twee jaar terug begin gesels oor wanneer ek die skuif gaan maak en ook waarnatoe ek dit gaan doen. En in daardie tyd het die eiendomsindustrie oor my pad gekom. Ek het op daardie stadium ’n paar plekke en mense gehelp spesifiek met digitale bemarking en konsultasiewerk.

In die proses het ek besef dat die vaardighede waaroor ek beskik, spesifiek digitale bemarking en natuurlik al die visuele skills, entrepreneurskap, netwerk (ou kliënte, ou kennisse, ou vriende) – al hierdie goed saam is regtig ’n baie goeie fit spesifiek vir die eiendomsindustrie. En natuurlik, die ander ding is, die eiendomindustrie gee my tydsgewys baie meer buigbaarheid om nog steeds die fotografie te kan doen, soos wat ek dan nou ook tans doen. En dis nie asof jy ’n 8 to 5 het waar jy die hele dag in die kantoor moet sit nie. Jy is effektief jou eie baas. Dis hoekom Keller Williams so ’n lekker maatskappy is: hoewel jy vir hulle werk, is jy eintlik maar jou eie baas en jou eie besigheid en jy hanteer al jou eie sake self.

Ek dink vir my is die challenge op dié stadium – ek is reeds voltyds by hulle, die fotografie gaan aan, en dan natuurlik is ek besig om te swot ook, en die familie en die kinders – so dis maar ’n paar balle wat ek in die lug moet hou! Maar dit is verskriklik exciting, en ek dink ’n ou is maar huiwerig-optimisties.

 

’n Ou is natuurlik ook bang, om ’n skuif te maak op 42 is maar daunting – om dit mooi te stel, maar ek is nou omtrent ses maande in dit in en so far so good. Ek loooove dit, so ja, ek sien uit na die volgende ses maande en die volgende ses jaar eintlik. Ek dink die twee (fotografie en eiendom) gaan baie goed saamwerk. En daar is baie vaardighede wat ek van die een na die ander kan oordra. So ja, exciting times!