17 ander antwoorde

EDIT: Hierdie video is geskiet voor Covid-19. As ek nou terugkyk oor die REUSE impak wat die pandemie op troues, event en toerisme gaan hê is ek baie dankbaar dat ek die skuif in 2019 al begin het. 
Al die antwoorde is nog steeds relevant, Covid-19 sou net n ander konteks gebring het.

Almal het ’n paar vrae. Ek dink net hierdie video beantwoord baie van die vrae ’n bietjie duideliker. In plaas daarvan dat ek honderde gesprekke moet herhaal, is dit net nice om dit so te verduidelik, en as ’n ou tyd kry kan hy maar die honderde vragies kyk wat op die video is.

Fotografie het ek al gedoen van studentedae af, dit was nog altyd my eerste liefde gewees. Ek het geweet ek gaan dit nie my hele lewe lank voltyds kan doen nie, die industrie leen hom nie noodwendig toe tot dit wat ek spesifiek wil doen in die fotografie space nie. So ek het altyd geweet dit gaan maar altyd iets wees wat ek saam met iets anders gaan moet doen.

So ek spesialiseer nou bietjie meer, dus party projekte doen ek nie en sal ek eerder verwys na van my ander kollegas. Ek het ook nou ’n editor aangestel wat vir my ’n bietjie help met die editing kant, so baie van die day-to-day het ek basies na haar toe oorgeskuif en dit maak baie meer tyd vir my los om te spandeer op óf te shoot óf aan die eiendomskant. En hopelik gaan ek nog op 80 troues skiet in die ouetehuis – so you never know! Of 50 jaar reünie, mens weet nooit!

Maar ja, die fotografie gaan nooit ophou nie, ek LOVE dit en solank as wat ek mal is daaroor gaan ek dit aanhou doen. Ek dink dit mag dalk net ’n bietjie verander, en ek dink die idee is vir my om maar net ’n bietjie meer te stream-line en te fokus op die dinge waaroor ek regtig passievol is.

En ’n bietjie uit te brei. ’n Ou groei mos maar en daar is nuwe dinge wat oor jou pad kom en hierdie was ’n fantastiese geleentheid wat ek nou gekry het en dis definitief iets wat ek ’n volle go gaan gee.

So paar mense het gedink dat ek my eie eindomsmaatskappy van scratch af begin. Dis nie die geval nie. Ek het voltyds by Keller Williams begin werk. Keller Williams is ’n groot eiendomsfirma wat gebaseer is in Texas in Amerika en hulle het ’n groot kantoor hier in Durbanville en hulle is in die res van Suid-Afrika ook.

Dis ’n company wat ek redelik goed vooraf nagevors het, voor ek besluit het waarnatoe ek wil gaan en hulle was die eerste company wat ek gekontak het. Ek het met hulle gaan gesels en net besef maar hierdie company is mal oor tegnologie, hulle waardes is absoluut iets waarvoor ek ook staan en ja, dit was net ’n baie goeie fit vir my gewees en dis hoe ek by hulle beland het.

Die Cloete Group is maar net basically die online branding gedeelte van my. Wat dit moeilik maak is die feit dat ek reeds my fotografie het, so ek kon nie weer www.riekertcloete.co.za gebruik het nie, so ek het ’n ander website begin, naamlik  www.cloetegroup.co.za wat maar net die property kant daarvan is.

Keller Williams is baie lief vir tegnologie en vir ’n tech-geek-boffin soos wat ek nou maar is, was dit die perfekte maatskappy gewees om by in te val. Behalwe dat hulle hul eie app het waar jy ongelooflik baie data op hul app kan kry oor eiendomme en natuurlik ook plekke kry, is hulle ook gelink aan al groot elf platforms in Suid-Afrika.

So as jy jou huis deur hulle bemark, gaan dit outomaties op al elf platforms. Een van die ander groot goed van Keller Williams is daar is ’n geweldige groot sharing culture. En dan nou hoe tegnologie dit by die sharing uitbring is as ek iemand se huis lys en dit word op ons sisteem gelaai.

Ons het omtrent 70 agente in ons kantoor. Hierdie listing gaan dadelik voor daardie 70 agente en al hulle kopers outomaties. M.a.w. hulle het ’n absolute fokus daarop dat agente moet saamwerk. Wat dit vir die verkoper beteken is dat sy huis word baie vinniger verkoop, want dis nie net my databasis van kom ons sê 2000 mense nie – dis 70 agente se databasisse wat hierdie huise sien (as dit nou sin maak).

So ek glo dat elke persoon is verskillend en elke ou moet inleun in dit waarin hy goed is en dit waarvoor hy ’n passie het. Baie van die goed wat tradisioneel in die eiendomsbedryf is, is ek nie so mal oor nie.

Drie goeters waaroor ek rêrig mal oor is, is netwerke (m.a.w. mense – ek is baie lief vir mense en ek is baie lief vir hulle stories en dit het baie handig te pas gekom met my fotografie daai tyd); digitale bemarking, ek verstaan dit redelik goed, en behalwe dat ek myself maar ge-upskill het en regtig baie opgeswot het en geleer het oor dit het ek ook meer as vyftien jaar se ondervinding oor hoe al hierdie platforms werk (daarmee bedoel ek nou facebook, LinkedIn, Twitter, Instagram, die web self, Google MyBusiness – hierdie goed verstaan ek redelik goed); en dan die derde ding is om die visuele kant van ’n ou se huis te vat en reg te verpak en te bemark en dan by die regte hoeveelheid mense uit te kry.

Toe ons standerd 9, matriek was, het die voorligter vir ons gesê jy gaan waarskynlike, 2, 3 of 4 verskillende loopbane hê en ’n ou het gedink dis nogal vreemd. Maar ja, as ek nou kyk na my vriende en almal om my, is dit inderdaad besig om te gebeur.

So om die vraag te beantwoord, ja, ek is maar skrikkerig, soos wat ’n ou maar is vir nuwe dinge, maar ek is ook baie opgewonde. Ek dink dat jou lewe loop ’n sekere paadjie en jy tel ’n klomp vaardighede op soos wat jy aangaan en dan op ’n dag kom jy op ’n plek dat jy besef al hierdie goed wat jy oor klomp industrieë opgetel het is nou van toepassing. Dit maak jou wie jy is, met jou unieke eienskappe

En die ander deel van die vraag, ja, ek is opgewonde, ek is baie opgewonde. Ek is skrikkerig, maar ek dink dis ’n baie exciting twee tot vyf jaar wat voorlê. Vra my weer oor vyf jaar!

Ja, dis inderdaad so. Dis nou die lekker ding, ’n ou het nou al die toerusting, jy het al die skills, so dis nou maar net ’n geval van om die skills wat ’n mens het en wat jy ingesit het om dit oor te dra na hierdie kant toe.

En ek glo dat as ’n ou ’n huis het wat die regte prys het, in die regte area, en jy bemark hom goed deur baie goeie videos, foto’s, drones, virtual tours, daardie tipe goed, dan VERSEKER gaan jou huis ’n beter kans staan as enige ander eiendom.

En die feit dat ek dit teen “kosprys” kan doen – dis maar net my tyd en my effort wat ek insit en nie ’n derde party nie, maak dit moontlik om dit te doen. 99% van die agente doen dit nie, want dit maak nie sin vir hulle nie, want hulle moet ’n derde party inkry (om al hierdie dinge te kan doen), en dis te veel van ’n risiko vir hulle om al daardie geld te betaal om daai werk te doen as hulle nie weet of hulle dit gaan verkoop nie.

In my geval is dit ’n no-brainer. Ek sit met al hierdie skills en toerusting, so ja, dit gaan baie handig te pas kom.

Ek dink die eiendomsmark het dalk nie so vinnig gegroei die afgelope twaalf maande soos die vorige vyf of ses jaar nie. So dit het dalk ’n bietjie afgeplat en dit het ook gemaak dat die industrie bietjie van sy vet afgesny het, wil ek amper sê.

In terme van my tydlyn met ons familie en ons loopbane het ek altyd geweet dat na vyf jaar voltyds fotograaf wees dat ek gaan skuif, so dit maak nie regtig saak of ek nóú ingeklim het of ’n jaar terug of eers oor ’n jaar nie. Of die mark op of af is maak nie regtig so ’n groot verskil vir my nie.

Op die uiteinde van die dag, as jy jou huis verkoop omdat dit goedkoper is, want die mark is effens af – beteken dit ook jy gaan nou ’n ander huis koop wat ook ’n bietjie goedkoper is. So die mark se siklus is nie regtig veronderstel om so ’n groot invloed op jou koop en verkoop te hê as jy van een eiendom na ’n ander eiendom toe skuif nie.

Obviously as jy oorsee gaan is dit dalk wys om eerder ’n bietjie aan te hang, as jy voel dat die ekonomie die verkeerde rigting gaan, dan moet ’n ou verkoop. Maar janee, ek dink daar is no time like the present!

.

So in Engels praat hulle van ’n professional property practitioner. Jy moet basies twee en ’n half jaar studeer om dit te kan doen, dit sluit in jou NQF4 wat ’n jaar vat en dan ’n logbook, wat amper iets soos “articles” is, dis om te bewys dat jy al die goeters kan voltooi wat in die proses is.

Ek het begin met ons opleiding wat ons company het, wat eintlik maar deurlopende opleiding weekliks is. Maar jy moet ook die formele NQF4-kwalifikasie hê en ek doen dit hierdie jaar.

Ek is al reeds aan die gang daaarmee, daar is nie regtig ’n spesifieke tyd wat jy dit kan begin doen nie, van dag een af kan jy begin. So ja, my proses het begin.

Ekspert? Ek dink ek is nog nie eers ’n ekspert in die lewe nie! Ek is definitief nog nie ’n ekspert nie, en ek dink as jy my oor tien jaar gaan vra, gaan ek nog steeds nie dink ek is ’n ekspert nie.

Ek dink niemand is rêrig ’n ekspert nie. Ek is nou al vir ses maande daar en wat ek kán sê is Keller Williams se opleiding is ongelooflik goed.

Dit wat ek nou weet in vergelyking met ses maande terug is nogal ’n redelike groot verskil. En behalwe dat ek BAIE geleer het oor die eiendomsindustrie, het ek ook baie geleer oor besigheid en bemarking spesifiek wat ek ook kan toepas in my fotografie.

So ja, ’n ekspert waarskynlik nog nie, maar, I’m getting there.

Ja, ek is op kantoor. Ons kantore is daar in Durbanweg, waar Durbanweg en Wellingtonweg bymekaar kom, in die Park Grove-sentrum – daar is ’n nuwe Spar en ons is net bokant dit.

Ek is basies daar in die oggende tot so 13:00, 14:00 toe. Ek laai die kinders vroegoggend af en dan is ek die oggende daar. In die middae is ek of op shoots met die fotografie of ek gaan doen waardasies of gaan sien kliënte.

Ek probeer maar waar ek kan om ten minste in die oggende, Maandae tot Vrydae, op kantoor te wees, tensy daar nou spesifieke fotografiegoed is wat opkom.

So die lekker ding by Keller Williams is dat jy nie areagebonde is nie, jy kan enige plek in die land huise bemark. Omdat ek in Durbanville bly, dink ek dit gaan die fokus wees van my bemarking en eintlik maar die hele noordelike voorstede.

Ek bly al sestien jaar hierso en ek het ’n baie groot passie vir die noordelike voorstede.

Daar is basies twee maniere hoe dit gedoen word. Eerstens is ’n desktop evaluation waar jy net jou adres vir my stuur, ek gaan op ons sagteware in wat alles gelink is aan die aktekantoor van die Stad Kaapstad en ons kyk waarvoor die eiendomme die afgelope 12 maande in jou omgewing gegaan het – en gebaseer op ’n klomp faktore kom ons dan by ’n waarde uit.

Ons het twee stelle sagteware wat ons gebruik, so dis maar checks & balances om te kyk dat alles in lyn is. Dan gaan werk ’n ou ook uit per vierkante meter waarvoor jou eiendom min of meer sou gaan in jou woonbuurt. So kry mens min of meer ’n idee.

Die probleem met dit is, as jy nie die eiendom self gesien het nie, gaan jy nie altyd so akkuraat wees nie, so dit is eintlik nice as ek gou kan uitkom na jou toe vir so 20 minute, stap gou deur die huis, loer net fisies na die tuin, na die binnekant, die buitekant, enige defekte wat daar kan wees.

Dan vat ’n ou daai twee stelle data en vergelyk dit met wat op die oomblik in die mark is, ek wil amper eintlik praat van ’n “beauty contest”.

Dan kan ’n ou sien, oukei, hier is drie huise in jou prysklas, dis min of meer hoe jy vergelyk en dan kom jy op ’n plek uit waar jy moet besluit of jy kompeterend wil wees met jou prys (m.a.w. wil jy nou dadelik verkoop) of is jy bereid om ’n bietjie te wag, want jy wil dalk ’n beter prys behaal.

 

Jy hoef geen moeite te doen voor ek die waardasie kom gee nie. Jy hoef nie eers die huis skoon te maak nie. Hoe die huis aan die binnekant lyk maak nie regtig baie saak nie. Dis net vir my om ’n idee te kry waar pas jou huis in hierdie woonbuurt in.

Die grassny en tuinhekkie verf en daai tipe goed kom eers later wanneer ons sê jou huis word nou gelaunch, en ons gaan dit skou oor twee weke of ons gaan nou foto’s en video’s doen vir bemarking.

Dit maak natuurlik sin dat in hoe beter kondisie jou huis is hoe beter gaan dit vertoon. Maar daai stap is eers omtrent twee weke in die proses in, dit hoef nie dadelik te gebeur nie.

Ek weet verwysings is maar die lewensbloed in ons industrie. So ja, as jy dalk hoor van iemand wat daaraan dink om te koop of te verkoop, stuur maar net vir my ’n e-pos met hul e-posadres en ek kan hulle mail en vir hulle wys wat ons doen.

Ons doen baie waardasies, daar is geen koste aan verbonde nie. Hulle kan maar net vir my laat weet, ek gaan uit, waardeer die huis en as daar iets is wat hulle meer wil hê wat ons moet doen dan doen ons dit.